Tuesday, September 6, 2016

Outobiografie blog Deel 24: Universitas Hospitaal


Die Universitas Hospitaal in Bloemfontein was ook in aanbou gedurende die laat sewentigerjare. Ek was veral betrokke by die beplanning van die kombuise vir beide personeelkafeterias asook die saalkombuise.

In hierdie blog plaas ek enkele foto’s van die hospitaal tydens konstruksie asook foto’s van die amptelike inwyding en die eerste etes wat aan eregaste bedien was by die kraamafdeling van die hospitaal. Ek sluit af met beknopte inligting oor die totstandkoming van die Departement Dieetkunde by Kovsies.
Universitas Hospitaal 1978

Die dieetkundiges was ook betrokke by die aanbieding van vele funksies. Afgesien van foto’s wat tydens die inwyding geneem is plaas ek ook foto’s van die eerste kaas en wyn funksie wat by die hospitaal gehou was.

Universitas in aanbou

Ek het slegs enkele foto’s van die bouery by Universitas hospitaal omdat ek na ek weg is by KOVSIES al my foto’s aan die Dieetkunde Departement geskenk het. Om dieselfde rede het ek ook nie meer foto’s van die beginjare van die Dieetkunde Departement nie.
Bettie Preller en die matrones by Unoversitas hospitaal tydens aanbouing
Saalkombuise

‘n Saalkombuis is ingerig om elke twee sale op ‘n spesifieke vloer te bedien.Die bevrore voedsel is hier herverhit in konveksieoonde. Bykomende disse soos brood, pap en vars slaai is soos benodig ook in hierdie kombuise voorberei.


Saalkombuis (Bo links) en Universitas kafeteria 1978

Eerste maaltye by Universitas Hospitaal

Die eerste voedsel vir personeel is op 20 Julie 1978 by Universitas Hospitaal Mediese Fakulteit kafeteria afgelewer.



Mevv. Toerien en v.d. Bergh bedien die eerste voedsel by die Mediese Fakulteit kafeteria aan Dr. J. Myburgh (van Kroonstad Provinsiale hospitaal) en Mnr Willem Botha Sekretaris van Universitas hospitaal. 
 Die eerste saal wat in gebruik geneem was, was die kraamafdeling op 23 Februarie 1978. ‘n Funksie is ook gehou om die kookvriesstelsel aan eregaste bekend te stel. Ek plaas persfoto’s uit daardie tyd.

Spyskaart van ete bedien aan eregaste by die kraamafdeling

Inwyding van Universitas Hospitaal - 1979

Die dieetkundiges was verantwoordelik vir die aanbieding van die funksies tydens die inwyding van Universitas Hospitaal in 1978.
Links onder Dr. Jan Kruger tydens inwyding en regs is Frances van Schalkwyk tydens die funksie


Petro Wolmarans het ‘n groot vrugtekoek gebak en versier vir die inwyding van die hospitaal.
Ek het ook foto's van die eerste kaas-en-wyn partytjie wat by Universitas gehou was. Ek plaas die foto's hier om te wys hoe die dieetkundiges almal saamgewerk het om so 'n funksie suksesvol aan te bied. Dit was harde werk maar pret ook. Ek kan nie meer almal se name onthou nie - veral die studente - maar wel sommige van my kollegas.
Bo links: Petro Wolmarans en Frances van  Schalkwyk   

 Op die foto  bo (in die onderste hoek) bewys Petro dat dit makliker is om onder die tafel deur te kruip as om om te loop...

Bo: Petro en Frances enek by die kerse. in die middel vryf die studente vrugte blink. Dot du Plessis se mooi vrugterangskikking en onder stoei Mieke Faber met die tafeldoek
Die studente wat gehelp het met die funksie en op die foto hier onder verskyn was: Christa Prinsloo, Marle Slabber, Mieke Faber, Rowena Adamson, Ina Richter en Isa Slabber (Fourie)  
 

Die Departement Dieetkunde

Ek was na die totstandkoming van die Mediese Fakulteit aangestel op die gesamentlike diensstaat van die Fakulteit Geneeskunde van die Vrystaatse Universiteit en die Afdeling Hospitaaldienste. Gedurende hierdie fase van my loopbaan het ek ook aanvoorwerk gedoen vir die daarstelling van ‘n Dieetkunde Departement aan Kovsies. Die Huishoudkunde Departement en veral die Departementshoof Prof. Levina Wessels was ook betrokke hierby. Andre Brink was destyds nog dosent aan die Huishoudkunde Departement en het ook groot bydraes gelewer tot die totstandkoming van die Dieetkunde Departement.

Na vele onderhandelinge is die Dieetkunde Departement by die Fakulteit Geneekunde ingestel. Die hoof rede hiervoor was dat ons by die Fakulteit Geneeskunde ‘n geïntegreede dieetkunde kursus kon aanbied. Dit het beteken dat ons ‘n vier jaar graad kursus aangebied het waarby die praktiese gedeelte van die kursus (wat by ander Universiteite as nagraadse Diploma aangebied was) kon insluit vanaf die eerste jaar van die kursus. Die praktiese werk kon by die Bloemfonteinse hospitale gedoen word en dit het die behoefte aan gesofistikeerde laboratoriums onnodig gemaak. Daar is toe ok weggedoen met die aanbieding vandie Diploma in Hospitaaldieetkunde by die Mediese Fakulteit.

Andre Brink is aangestel as dosent by die nuwe Departement Dieetkunde en ek was oorgeplaas na Kovsies Fakulteit Geneeskunde as Departementshoof. Later het Annatjie Badenhorst en Elmien du Toit ook aangesluit. Martinette Slabber is aangestel na ek weg is uit Bloemfontein en Andre Brink Departementshoof geword het.Sy is later getroud en het 'n Professoraat pos gekry. Sy was toe Prof. Dannhauser en het later die naam van die Departement verander na Departement van Menslke Voeding. Na ek weg is by Hospitaaldienste is Susan Smit (nou Mev. Kruger) aangestel as hoofdieetkundige. Die Departement het vinnig gegroei en ons studentegetalle het toegeneem van vyf in die eerste jaar na twaalf in die jaar wat ek weg is uit Bloemfontein.

Die beplanning van die leerplanne vir die B.Sc. Dieetkunde kursus was ‘n omvattende taak. Aangesien sodanige kursusse destyds nog slegs in die buiteland aangebied was het ek in die VSA en Brittanje gaan kers opsteek. Ek het onder andere hospitale in Londen, die Walter Reed Hospitaal in Amerika, Hospitale en klinieke in Boston, Ann Arbor en Los Angeles ingesluit. Ons het ook ‘n Kookvrieskongres in Kanada bygewoon. Hierdie besoeke het ek en Susan Smit gedoen na die Kongres in Toronto.

Tydens my looopbaan as Departementshoof was ek ook verantwoordelik vir die organisering van navorsing by die Departement en het ek as studieleier opgetree vir verskeie magister en Doktorale studente. Ons het veral navorsing gedoen saam met die Departemente biofisika en Interne Geneeskunde.
















No comments:

Post a Comment